Pages

Belangrik

Indien U 'n resep aan my stuur, en dit kom van 'n ander webtuiste af, sal ek dit waardeer indien U dit net aan my sal noem, sodat ek die nodige erkenning kan gee aan U en daardie webtuiste van waar die resep afkomstig is.

Wednesday, June 19, 2013

No 1 ROLKOEK POEDING/TERT.


Baie dankie vir die maklikke resep Alida Schultz

BENODIGHEDE

1 Rolkoek
1 Blik karamel kondensmelk
1 "boksie"Orley whip
1 Groot Peppermint crisp

METODE

Rol die rolkoek af sodat dit oop is op 'n stuk foelie of kleefplastiek. Klits die Orley whip styf. Rasper die peppermint crisp fyn. Smeer nou 'n laag kondensmelk oor, dan room en dan gerasperde peppermint crisp oor Laat bietjie van alles oor om bo-op te sit. Rol koek weer versigtig op. Smeer nou weer die res van die kondensmelk, dan room en laaste strooi weer die res van die peppermint crisp oor. 
VINNIG MAKLIK EN HEERLIK RYK!!

SPINASIE SOP


Dankie Malinda van Deventer dat jy hierdie resep met ons gedeel het

750gr. Gevriesde Spinasie
1          Ui, fyngekap
2          Pakke Sampioensoppoeier
2 liter  Melk
250ml Room
1 kop. Gerasperde Kaas
            Sout en peper na smaak ( indien nodig)

Stoom spinasie en ui tot sag.
Verpulp en sit terug in kastrol.
Meng soppoeier, melk en room.
Voeg by spinasie en meng goed.
Kook en prut oor lae hitte en roer gereeld tot dik.
Meng kaas in sodra die sop gaar is.
Die sop is eintlik sout genoeg, proe eers voor jy sout en peper ingooi.

MIKROGOLF PEPPERMENT FUDGE – WENRESEP

Nog 'n treffer van Melinda van Deventer

Die strooisuiker kan deur witsuiker vervang word
1 blik     Kondensmelk
500ml.  Strooisuiker
125gr.   Margarien
5ml.      Vanielje essens
100gr.   Peppermentsjokolade in blokkies gebreek (of enige sjokolade van jou keuse)

Smeer ‘n 25 x 16 cm koekpan liggies met botter
Meng die kondensmelk, suiker en margarine in ‘n diep mikrogolfvaste plastiekbak,
Mikrogolf 12-15 min. op hoop en roer elke 3 minute.
Hou die mengsel dop dat dit nie oorkook nie.
Indien dit te vinnig warm word na die vorige roer  en te veel opkook, roer weer ‘n paar keer.
Die mengsel is reg wanneer dit begin karamelliseer.
Voeg die vanieljegeursel en sjokoladeblokkies by en roer goed.
Giet die mengsel in die voorbereide pan en laat afkoel.
Sny in blokkies voor dit heeltemal afgekoel het.
Maak ongeveer 40 blokkies

Tuesday, June 18, 2013

BEN SE MOUSSE POEDING

Dankie vir al die liplekker resepte wat deur jou Ingestuur is Malinda van Deventer

6 kop.             Melk
5 eetl.             Mazina
3 eetl.             Kakao
1 eetl.             Sterk koffiepoeier
1-2 kop.          Suiker
                        Vanilla

Kook melk. Meng mazina en kakao tot pasta met bietjie melk, As melk kook, roer kakaomengsel by melk, roer en maak seker dit maak nie klonte nie. Kook stadig vir 3 min. Gooi in bak en roer koffiepoeier en vanilla by.
Laat staan in koel plek om af te koel.

CREAMSODA BOLA


Ingestuur deur Malinda van Deventer

5 kop.             Water
3 kop.             Suiker
6                      Piesangs
1½ kop.          Vars lemoensap
½ kop.            Suurlemoensap
1 blik               Fyn pynappeol
1 blikkie         Grenadellamoes
3 liter              Creamsoda

Kook water en suiker en laat afkoel Verpulp piesang en voeg saam met ander bestanddele by koue stroop. Voeg creamsoda net voor bediening by(Lewer 6 liter of 24 koppies) * Die bestanddele kan jy meer maak na smaak.
 LEKKER DRINK AAN DIE SPESIALE BOLA!!

HOENDERSOP


Ingetsuur der Malinda van Deventer
Joan Schonken

Kook 1 hoender in soutwater, nie te veel sout nie, want daar kom later soppoeiers by.
Gooi ‘n bietjie gemengde kruie en ‘n bietjie knoffel by.  Wanneer gaar, ontbeen die hoender en breek hoender in stukkies.
Verwyder die velle, maar los so paar velle wat ook in stukkies gesny is.
Rasper 1 groot aartappel en so 2 wortels en ‘n ui.
Kook die groente in die hoendersous wat oorgebly het tot gaar.
Voeg nou die hoender weer terug by die groente.
Meng die volgende soppoeiers met water: 
1 pakkie Hoendersoppoeier,
1 pakkie Chicken noodlesoppoeier                                                    
1 pakkie  Hoenderroomsoppoeier
Gooi by hoendermengsel.
Kook vir so 15 min. en bedien.


Aartappelslaai


Ingestuur deur Malinda van Deventer
Hannelie Myburgh

Aartappels, gekook en in blokkies gesny
Uie, geskil en gekap
Dreineer blik pynappelstukkies baie droog en meng versigtig.
Klits nou n blik koue idealmelk styf tot dik en skuim,
meng dan 1blik kondensmelk en 1bottel cross en blackwell mayonnaise.
gooi genoeg sous oor jou slaai en bere die res in yskas
jy kan ook bietjie droë mosterd (opgelos in klein bietjie asyn) by die res voeg vir die lekkerste mosterdsousie vir koue vleisie. Dis n treffer  

Thursday, June 6, 2013

Boodskap

Baie dankie vir almal se ondersteuning om hierdie blad moontlik te maak. Daar is net so 'n paar sake wat ek graag onder julle aandag wil bring.

Tot en met 18 Mei 2013 sal daar die blog nie opgedateer word nie. Die rede is dat my vrou en ek so paar dae gaan uitspan daar in Durban se wereld.

Oor sowat drie maande gaan die blog op 1 Miljoen bladlese staan. Ons sal dit graag 'n spesiale geleentheid wil maak. Wat ons beplan is om 'n elektroniese kookboek saam te stel en dan gratis aan julle te stuur. Verder wil ek ook graag 'n kookboek weggee aan 'n leser. Weet julle miskien van maatskapye en of individue wat bereid sal wees om geskenke te borg. Vir hulle moeite kan hulle dan gratis advertensies op die blog plaas. Kontak my asb by Liplekker (liplekkerresepte.blogspot.com)

Ons sal dit waardeer indien julle ook aan ons julle gunsteling resep kan stuur om in die elektroniese kookboek kan kom. Skryf sommer so stukkie van jouself en stuur aan ons. Julle kan ook 'n foto aanheg.

Stuur ook asb vir my voorstelle van wat julle graag sal wil verander of verbeter op die blog. Watter funksies kan ek afhaal en watter kan ek bysit.

So rukkie gelede het ek 'n resep geplaas van 'n koek. In die resep praat hulle van 'n pakkie poeier room. Weet julle van so iets of weet julle waar kan 'n mens so iets kry?

Geniet die week wat voorlê. As dit die Heer se wil is, sien ek julle weer op 18 Junie 2013.

Frik en Isabel



Romerige Aartappel en Botterskorsie Gebak


Jan van Niekerk se skepping...

4 Groot aartappels
¼ Botterskorsie
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
1 Pakkie KNORR Kaas en pepersous
500 ml Room

Metode:
Skil die aartappels en sny in skywe. Sny die skorsie in die helfte deur en haal die pitte uit. Sny die helfte deur en skil die kwart wat jy gaan gebruik. Sny in skywe. Gebruik ‘n oondvaste bak, geur die aartappel en pampoen met sout en peper. Pak die aartappel en pampoen in lae in die bak. Meng die pakkie sous met die room en giet bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute. Lewer 4 tot 6 porsies.

Knoffelgegeurde vis met Tamaties en kapoktappels


Nog n resep van Jan van Niekerk

Jan sê hy het die resep van gebakte tamaties agter op die Sea Harvest vis pakkie gekry. 

8 Porsies Knoffel en Pietersielie gegeurde vis van Sea Harvest

5 Groot aartappels geskil en in blokkies gesny
3 ml Sout
3 ml Witpeper
3 ml Neutmuskaat
50 ml Botter
50 ml Melk

4 Groot Tamaties
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
30 ml Olyfolie
100 ml Gerasperde Cheddarkaas
100 ml Fetakaas stukkies
15 ml Basieliekruid

Metode:
Verhit die oond tot 200°C en bak die vis vir 20 minute.

Aartappels:
Plaas die aartappels in ‘n kastrol en bedek met water. Moenie te veel water ingooi nie. Voeg die 3 ml sout by en bring tot kookpunt. Kook die aartappels in die soutwater vir 20 minute en dreineer. Voeg die res van die bestanddele by en druk goed fyn met ‘n aartappeldrukker.

Tamaties:
Halveer die tamaties en rangskik in ‘n oondpan. Geur met die sout en peper. Sprinkel die helfte van die olyfolie oor die tamaties en sit die cheddar- en fetakaas op die tamaties. Sprinkel die res van die olyfolie oor die tamaties. Plaas die tamaties saam met die vis in die oond en haal na 15 minute uit. Sprinkel die kruie oor die tamaties en bedien saam met die vis en kapokaartappels.