Thursday, 20 August 2009

Hoender braai met lemoen sous (Met vergunning Die Hart stigting van Suid Afrika)

Bestanddele
6 Hoenderboudjies met dye in een stuk

Bestanddele - Marinade
250 ml Vars lemoensap
12,5 ml Fyn gerasperde lemoenskil
1 Ui, Gerasper
60 ml Rooi Aalbessiejellie (konfyt)
4 cm Stuk vars gemmer, fyngekap
3 ml Mosterdpoeier
25 ml Worcestersous
Sout en peper na smaak
12,5 ml Mielieblom, gemeng met bietjie water

Metode
Verwyder vel en sigbare vet van die hoender. Verhit lemoensap, skil, uie en aalbessiejellie to jellie gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg gemmer, mosterdpoeier, Worcestersous, sout en peper by. Giet oor hoenderporsies en laat oornag in die yskas marineer. Haal uit marinade en braai tot deurgaar oor 'n stadige vuur. Verhit marinade en verdik met mielieblom mengsel. Bedien oor die hoender.

No comments :

Post a Comment

RatingWidget