Thursday, September 17, 2009

Druiwekonfyt

Die Resep kom uit kook en geniet

Bestanddele
375 g Suiker
500 g Druiwe

Metode
Was die druiwekorrels en verwyder die pitte indien verkies. Weeg die vrugte.
Gebruik 375 g Suiker vir elke 500 g Druiwe. Sit die vrugte en suiker in lae in die kastrol. Laat dit eenkant op die stoof staan tot die sap van die druiwe gedeeltelik uitgetrek het. Verhit die mengsel stadig en roer af en toe tot al die suiker opgelos is.

Die mengsel mag nie kook voordat al die suiker gesmelt is nie. Kook nou vinnig tot al die helder en deurskynend is en die stroop dik is. Sorg net dat die mengsel nie aanbrand nie, trek 'n lepel oor die boom van die pot. Toets die konfyt na sowat 30 minute om te sien of dik is. As dit nie lekker dik is nie toets weer elke 15 minute.
Bottel die konfyt terwyl warm.

1 comment:

  1. Hierdie resep kom direk uit die Kook en Geniet

    ReplyDelete