Thursday, October 15, 2009

Koffie tert (Erline Jordaan)

Bestanddele Koek
4 Eiers
1 k Suiker
1½ k Meel
2 e Botter
¼ t Sout
4 e Melk
1 t Koffie
2 t Bakpoeier
4 e Water
1 t Vanilla

Bestanddele Stroop
12 e Suiker
2 e Koffiepoeier
3 e Brandewyn
1 t Vanilla
1½ k Water

Bestanddele Bolaag
1 pakkie Butterscotch of Karamel poeding 1 Blik Gekookte kondensmelk
1 k Koue melk Ultramel room
1 Flake

Metode Koek
Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Smelt botter en melk saam met vanilla en water. Sif droƫ bestanddele (behalwe bakpoeier) en meng met eiermengsel. Voeg bottermengsel by en roer goed. Strooi bakpoeier oor en vou in. Gooi koekmengsel in oondvaste bak. Bak in matige oond vir 20 minute.

Metode Stroop
Kook alles saam vir 5 minute. Steek gaatjies met vurk in warm tert. Gooi warm stroop oor en laat afkoel.

Metode Bolaag
Smeer kondensmelk oor koek. Maak die poeding aan met melk. Klits ultramel room (na smaak) in gestolde poeding. Smeer bo-oor tert. Strooi gekrummelde flake bo-oor.

No comments:

Post a Comment