Wednesday, 21 October 2009

Makataan Konfyt

(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder 'n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)
(Onbekend)

Bestanddele
500 g Wartlemoen
750 g Suiker

Metode
Vir elke 500 g Wartlemoen gebruik u 750 g suiker. Sny die wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan u 'n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor. Kook en roer tot die stroop dik word. Bottel.

Wenk
Ek het al van die konfyt ge-eet waarin klein stukkies heel gemmer bygevoeg is. Laat dan die fyn gemmer weg.

1 comment:

  1. Kaffir Melon Preserve is the proper name, there is no law against calling it by its real name. Nice recipe though.

    ReplyDelete

RatingWidget