Monday, October 26, 2009

Melkkos (Onbekend)

Bestanddele
1 l Melk
1 Stukkie pypkaneel
1½ t Botter
125 ml Suiker
250 ml Koekmeel
Sout na smaak

Metode
Kook die melk saam met die pypkaneel. Verwyder die pypkaneel sodra die melk kook. Voeg die botter by. Meng suiker, meel en sout. Neem van die warm melk en meng met die meel mengsel tot glad. Voeg nou die meelmengsel by die warm melk.
Kook nou die melk vir 5 minute en roer gedurig. Dien warm op met kaneelsuiker, botter of gouestroop.

Wenk: Skoonma het haar melkkos ook so gemaak. Wat sy dan gedoen het is om die meel te verminder en dan 'n lepel of twee vla poeier ingooi. 

8 comments:

  1. Dit is nou 'n lewens redder! My ouma het altyd melkkos of melksnysels gemaak en oral waar ek soek vir 'n melkkos resep kry ek net die resep vir die snysels! Dis nog vroeg middag en ek vries van die koue, kan net nie wag om die melkkos te maak nie!
    Baie dankie! Ek boekmerk die webtuiste!
    Corlia

    ReplyDelete
  2. Oe lekker! Net soos in die koshuis op Stellenbosch!!

    ReplyDelete
  3. Ek is mal oor die melkkos resep

    ReplyDelete
  4. clueless blondekop*May 19, 2011 at 4:59 PM

    dit is rerig great!!!
    eks 'n jong meisie en clueless voor die potte maar die resep is so maklik dat tot ek dit kon maak!
    baia baia dankie!
    xxx

    ReplyDelete
  5. Beste resep :) Ek hey dit met soy melk gemaak (eks vegan), en dit het PERFEK gewerk!!


    Baie dankie!
    xx

    ReplyDelete
  6. Gered op 'n koue dag met die snysels waarna`ons hele familie so smag! Gemaak maklik met 'n glimlag en ons aandete was die gereg van die dag!
    Het nou krag vir die lang nag!
    Met waardering, Lucille

    ReplyDelete
  7. My aarde die melkkos is toe al die pad die meelpap waarmee ek groot geword het. Presies dieselfe resep. Soms met kaneel en partykeer sonder die kaneel!!!!

    Baie dannkie

    ReplyDelete
  8. My Ouma het botter by die meel ingevryf sodat dit frummels maak soos sy dit genoem het, en by die gekookte melk ingeroer. Heerlik saam kaneelsuiker.

    ReplyDelete