Monday, November 2, 2009

Noedel slaai (Elsa)

Bestanddele
250 g Skroef noedels
1 Gekapte Ui
1 Groenrissie gesny
250 ml Tamatiesous
250 ml Witsuiker
125 ml Wit asyn
125 ml Kookolie
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Tabasco Sous

Metode
Kook noedels sag. Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels. Kook res van die bestanddele saam. Gooi warm sous oor noedels. Plaas mengsels in bak wat kan seël.
Laat afkoel vir een dag.

Wenk
Hierdie slaai kan vir 4 weke in yskas hou.

No comments:

Post a Comment