Wednesday, 24 March 2010

Vis braai (Dave Terblanche)

Bestanddele Vis braai 1
½ k Olyfolie
1 t Gekapte Knoffel
1 e Suurlemoensap

Metode Vis braai 1
Vlek die vis oop. Maak die marinade aan en smeer oor vis ten minste een uur voor braai. Plaas vis met vel na onder op koel kole. Gedurende braai smeer nog marinade oor. Moet nie vis omdraai nie. Sodra die vleis wit is die vis gaar. Net voor jy die vis afhaal sout na smaak. Dien op met Growwe bruin brood en perske konfyt.

Metode Vis braai 2
Vlek vis oop. Vul vis met gekapte uie en tamaties. Drup 'n paar druppels suurlemoensap op die tamaties en uie. Geur met sout en peper na smaak. Maak die vis toe en plaas in foelie. Plaas op kole en draai slegs een keer.

Metode Vis braai 3
Vlek die vis oop. Maak 'n marinade met olyfolie en perske konfyt. Smeer oor vis ten minste een uur voor braai. Plaas vis met vel na onder op koel kole. Gedurende braai smeer nog marinade oor. Moet nie vis omdraai nie. Sodra die vleis wit is die vis gaar.
Net voor jy die vis afhaal sout na smaak.

No comments:

Post a Comment

RatingWidget