Thursday, 5 August 2010

Schalk se lae GI vleisgereg! ~ RSG

Goed vir diabete

Bestanddele
5ml olyfolie
500g maalvleis
2 gekapte uie
1 pakkie heel sampioene
1 blikkie sousbone
1 blikkie bruin lensies
3 - 4 gaar aartappels, in skywe gesny
3 - 4 gaar patats, in skywe gesny
1 - 2 teelepels biefaftreksel
1 koppie rooi wyn
1 koppie melk
1 eier
Fetakaas

Metode
Braai uie met olie in pan en voeg sampioene en maalvleis by. Gooi bone en rooiwyn by. Smeer oondvaste bak en pak een laag patats op bodem, dan vleismengsel, dan aartappels, dan lensies, dan vleis, en weer patats bo-op. Meng eier en melk en gooi bo-oor. Breek feta kaas bo-oor. Bak 'n driekwart uur teen 180 grade Celsius.

No comments:

Post a Comment

RatingWidget