Friday, December 24, 2010

KORSLOSE SOUTTERTJIES

Bestanddele
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Metode
Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ÂșC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

No comments:

Post a Comment