Thursday, 30 December 2010

Rysslaai

Bestanddele
250ml rou rys
15ml matige kerriepoeier
2,5ml sout
750ml dun hoendersop
1 tamatie
1 groen soetrissie
250ml ingemaakte geelperskeskywe
30-45ml perskestroop
30ml fyn gekapte ui
30ml mayonnaise
5ml suiker & slaaiblare
Metode
Kook rys, kerriepoeier en sout in die sop tot gaar. Skil tamatie, haal pitte uit en kap res van tamatie op. Doop soetrissie 1 minuut lank in kookwater, ontpit en kap in stukkies.
Sny perskeskywe in stukkies. Meng al die bestanddele by die res en skep op slaaiblare.

No comments:

Post a Comment

RatingWidget