Wednesday, March 30, 2011

Weskus Lam skenkels ~ RSG

Bestanddele
4 Lam skenkels (heel)
2 Uie (in ringe gesny)
6 Wortels (in dun ringe gesny)
3 Seldery stokke (gesnipper)
3 Vars roosmaryn takkies
Knoffel
Sout en peper
1 Koppie hoenderaftreksel
500ml - 700ml goeie rooiwyn

Metode
Braai ui, wortels en seldery vir so 5 minute. Sit eenkant. Verbruin lam skenkels in bietjie olyfolie. Plaas skenkels, met ui en wortel mengsel in groot oondbak. Gooi hoenderaftreksel en rooiwyn by asook roosmaryn takkies. Sit deksel op en plaas in voorverhitte oond (180 grade) vir ongeveer 3 uur. Ek neem gewoonlik so koppie van die rooiwynsous (na 3 uur) en maak ‘n rooiwyn reduksie op die stoof, met ander woorde, kook vloeistof tot ongeveer helfte verdamp. Dit word net oor die kos ge-“drizzle”. Nie soos ‘n gewone bruinsous oorgegooi nie. Bedien met kapokaartappels, basmatirys of polenta.

No comments:

Post a Comment