Sunday, 24 April 2011

Porky se varknek ~ RSG

Bestanddele
1 Varknek, ontbeen (vra jou slagter)
1 teelepel korrelmosterd
10ml olie
1 gekneusde knoffelhuisie
Sout en peper

Metode
Meng al die speserye met olie. Vryf mengsel in varknek en plaas die nek in 'n bakskottel met 'n bietjie water. Sit die deksel op en bak ongeveer 60 minute lank in 'n matige oond tot sag. Onthou om kort-kort van die vloeistof oor die nek te skep - dit sal help om die nek lekker sappig te hou. Sny in skywe en sit dadelik voor!

No comments:

Post a Comment

RatingWidget