Friday, April 1, 2011

Quiche

Betsanddele
250g maer ontbytspek (in blokkies gesny) of
250g ham (in blokkies gesny)
1 groot ui
15ml botter of margarien
3 ekstra-groot eiers
250 - 375ml room
2ml sout en varsgemaalde swartpeper
2ml neutmuskaat

Metode
Smelt die botter in ’n pan en braai die uie en die spek of ham effe bruin. Dreineer, indien nodig en versprei egalig oor die oppervlak van die kors. Klits die eiers en die room saam en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat. Gooi die eiermengsel driekwart vol in die deegkors. Moet nie die kors te vol gooi nie, aangesien die vulsel uitsit wanneer dit gaar word. Bak in ’n warm oond (180 - 200 °C) vir 15 - 20 minute. Die eiermengsel moet effe gestol wees. Indien die kors dit toelaat en daar is rou eiermengsel oor, gooi dit oor die warm vulsel en bak verder vir 15 - 20 minute. Die oppervlak van die quiche moet gepof en goudbruin gebak wees. Om te verseker dat die vulsel gaar is: Druk ’n toetspen of ’n skerppuntmes in die middel van die quiche – as dit skoon uitkom, is die quiche gaar. Bedien dadelik of laat vir maksimum 10 minute in, die oonddeur effens oop.
Indien verkies, strooi 60g cheddar of Gruyé-kaas bo-oor die kors voordat die vulsel oorgegooi en dit gebak word.

No comments:

Post a Comment