Monday, 6 June 2011

KORSLOSE ASPERSIETERT:

Baie dankie vir jou bydrae Elaine

250 gr Ontbytspek
250 ml Koekmeelblom
1 Groot uit gekap
450 gr Blik aspersies
250 gr Margarien
± 900 ml Melk
250 ml Gerasperde Kaas
50 ml Pietersielie
10 ml Aangemaakte Mostert
2 ml Sout
Knippie rooi peper
4 Eiers geskei

Vehit die oond die 180 C

Smeer groot vierkantige oondbak.

Metode:
1. Sny spek in stukkies – braai spek en uie in pan. Haal uit en hou eenkant.
2. Smelt margarine in pan – roer koekmeel by en verwyder van stoof.
3. Dreineer aspersies – hou aspersie water eenkank en voeg die melk by tot ongeveer 1 liter.
4. Voeg melk en aspersiemengsel by meel.
5. Plaas terug op stoof en roer tot kook.
6. Verwyder van stoof.
7. Voeg spekmengsel, aspersies, kaas, pietersielie, sout en peper by – meng goed.
8. Skei eiers – klits eiergele met vurk en roer by die mengsel.
9. Klits eierwitte tot styf.
10. Voeg by aspersiemengsel (mengsel moet styf wees).
11. Gooi mengsel in oondbak.
12. Bak vir 40 minute tot goudbruin bo.

No comments:

Post a Comment

RatingWidget