Tuesday, November 22, 2011

KOEKSTRUIF (TRIFLE)

Baie dankie vir jou resep Marietjie van PE. EK soek al lankal na so resep.

Maak koekstruif aan die vorige aand – die geure trou dan lekker!

1 rolkoek (swissroll)
1 blik karamel kondsmelk
410gr ingemaakte gemengde vrugte (hou stroop eenkant)
marachino kersies (of boksie kersies)
(die marachino kersies het heerlike smaak)
pekanneute
Fig preserves (opp)
1liter dik vlasous
1 pakkie portwyn jellie
1 pakkie groen jellie (jellies moet gestol wees – maak aan vorige dag)
Sjerrie

Aanmaak van vla – 6desertlepels (hoogvol) vlapoeier = 60ml
1 liter melk
30ml suiker
vanillageursel
Verhit melk (hou bietjie koue melk in mengbakkie en voeg daarby die volgende:
vlapoeier, suiker en geursel – hoeveelheid soos hierbo)
Wanneer melk goed warm is (pasop vir aanbrand) gooi bietjie warm melk by
vlapoeier mengsel – gooi mengsel terug by warm melk en laat stadig gaar word)

Sny rolkoek in skywe en smeer karamel kondsmelk dik aan een kant.
As daar karamel oor is, plaas klontjies in koekstruif. (Lekker!)
Pak rolkoekskywe in mooi glasbak - eers langs kante en pak dan alles in lae.
Sprinkel sjerrie bo-oor elke laag en bietjie van die vrugtestroop.
Eindig met vlalaag en versier met styf geklitste vars room(opp), kersies en neute.
Bêre in yskas.
Geniet!

No comments:

Post a Comment