Wednesday, November 30, 2011

Vanilla poeding

Bestanddle
1 pakkie vanilla kitspoeding
1 pakkie tennisbeskuitjies
4 piesangs
klapper na smaak

Metode
Maak Vanilla poeding volgens instruksies op pakkie. Pak laag tennisbeskuitjies
Gevolg deur poedingmengsel, klapper en piesangs. Herhaal tot alles op is. Sit in yskas tot gestol.

Sjokoladekoek met olie

Bestanddele
½ koppie kakao
1 ½ koppies suiker
½ teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 ¾ koppies meel
¾ koppie kookwater
½ teelepel vanielje
4 eiers
½ koppie kookolie
½ koppie koue water

Metode
Meng ½ koppie kakao met ¾ koppie kookwater - laat afkoel. Sif tesame: 1 ¾ koppie meel, 1 ½ koppie suiker, 3 teelepels bakpoeier en ½ teelepel sout. Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg by kakao mengsel: ½ teelepel vanielje, 4 ongeklitste eiergele, ½ koppie kookolie, ½ koppie koue water. Meng baie goed en vou laaste die styfgeklitste eierwitte in. Bak in twee gesmeerde panne vir ongeveer ‘n ½ uur tot gaar. Vir groot koek
Neem ‘n leë bierboks en voer met dik (heavyweight) foelie uit, binne en buite. Spuit binne met Spray ‘n Cook. Maak beslag dubbel aan. Gooi in selfgemaakte bierbokspan. Bak vir +/- ‘n uur en 10 minute tot gaar.

Korslose melktert

Bestanddele
4 eiers, geel en wit apart
1 koppie meelblom
3 eetlepels gesmelte botter of margarien
Knippie sout
1 teelepel vanielje geursel
1 koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
4 koppies melk
Metode
Klop die eiergele, suiker en gesmelte botter of margarien tot dit romerig is. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel. Klits die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Voeg die vanielje by. Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste tertbord en bak vir 35 minute lank in ‘n matige oond van 180°C.

Tuesday, November 29, 2011

Sampioensous

Bestanddele
1 Groot ui
1 Pak vars sampioene (250g)
1 Houer vars room (250 ml)
1 E Bisto
1 E Tamatiesous
1 E Blatjang

Metode
Braai gesnipperde uie en gesnyde sampioene tot gaar. (nie bruin nie). Gooi room oor. Laat kook. Meng bisto met bietjie water en gooi in kastrol om die mengsel dik te maak. Laat kook mengsel. Gooi tamatiesous en blatjang by. Roer goed deur. Bedien warm.

Wenk
Baie lekker saam met steak, skaapboud of hoender.

Gemarineerde ontbeende skaapboud

Metode
1 Ontbeende skaapboud
2 Houers karringmelk
1 Pakkie spekvleis
1 Groot ui
Knoffel
‘n Paar geglanseerde rooi kersies
Klein bietjie olyfolie

Metode
Plaas ontbeende skaapboud in marinade bak wat liggies met ‘n klein bietjie olyfolie gesmeer is. Gooi die karringmelk oor en laat staan vir 24 uur. Haal uit en sny gaatjies in en stop met knoffel, spekvleis en kersies. Gooi, kruie, speserye, sout en peper na smaak oor. Rasper ui grof en strooi bo-oor. Garneer met tandestokkies met kersies aan. Braai in Weberbraai of op kole tot gaar.

Skaapboud

Bestanddele
Skaapboud
Tandestokkies
Kaas
Appelkooskonfyt

Metode
Neem skaapboud en ontbeen dit. Sny skaapboud op in repe, maar hou dit heel. Plaas 1cm dikte kaassnye binne die repe. Steek die repe van die boud stewig vas met tandestokkies.
Plaas skaapboud op rooster en smeer dit dan met appelkooskonfyt na eie smaak. Braai tot gaar en geniet.

Monday, November 28, 2011

maklike skonresep

Bestanddele
1 eier
⅓ k olie
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout na smaak
200 ml melk
200 ml water

Metode
Klits eier en water tot goed gemeng. Gooi water en melk by en klits. Sif meel, bakpoeier en sout by en meng tot slap deeg. Gooi in muffinpan en bak teen 200ºC vir 8 – 10 Minute. Vir variasie kan kaas by mengsel ingemeng word.

Oppenheimer tert

Bestanddele
Groot pak Marshmallows
1 Blikkie room
1 Pakkie vingerbeskuitjies
1 Blikkie fyn pynapppel
1 Blikkie kondensmelk
100 ml Suurlemoensap
1 Pakkie kersies

Metode
Pak vingerbeskuitjies in tertbak. Gooi sous van fyn pynappel oor koekies. Voeg saam in arparte mengbak: kondensmelk, fyngemaakte pynappel, suurlemoensap, gesnipperde kersies. Klits room en voeg by mengsel. Mikrogolf marshmallows tot uitgeswel en voeg by mengsel. Gooi mengsel oor vingerbeskuitjies. Versier met kersies. Verkoel in yskas en SMUL!

Grenadella Yskastert

Bestanddele
1 Groot blikkie ingedampte melk (verkoel)
1 Pakkie suurlemoen jellie
1 Klein blikkie grenadella moes (halwe koppie)
½ Koppie strooisuiker
1 Koppie kookwater
2 Pakkies tennisbeskuitjies

Metode
Klits melk tot styf, voeg suiker by en dan grenadella. Meng jellie met kookwater en laat koud word. Meng met melkmengsel. Plaas beskuitjies in glasbak. Skep ‘n laag vulsel, laag beskuitjies. Eindig met vulsel. Strooi beskuitjiekrummels bo-oor. Stol in yskas.

Sunday, November 27, 2011

Karringmelkbeskuit

Bestanddele en Metode
1kg bruismeel
5ml sout
375ml suiker
8ml bakpoeier
Meng bogenoemde.
Vryf 250g margarien daarin. Klits 2 eiers en voeg 500ml karringmelk by.
Knie melkmengsel in meelmengsel. Maak bolletjies. Bak vir 30 minute by 180°C en verdere 20 – 30 minute by 150°C. Laat afkoel in pan. Droog uit by 100°C.

Jogurt broodjies

Bestanddele Deeg
2 eiers
30ml olie
175g (1 klein bakkie) natuurlike jogurt
125ml melk
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2,5ml sout

Bestanddele Bolaag
500ml cheddarkaas, gerasper
125g botter, gesmelt
5ml droë mosterd
5ml Aromat
5ml Knoffel

Metode
Stel oond op 180°C. Deeg: Klits eiers, olie, jogurt en melk. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer eiermengsel by meelmengsel en meng goed. Skep deeg in langwerpige oondbak. Maak gelyk bo-op. Sprinkel kaas bo-oor deeg. Meng botter, mosterd, aromat en knoffel en giet egalig oor deeg. Sny 5cm x 5cm-blokkies in deeg sodat gesmelte botter tussenin kan loop. Bak vir 15 – 20 min. Sny blokkies brood los van mekaar wanneer dit uit
oond kom. Sit dadelik voor.

Droë vrugte en piesangslaai

Bestanddele
1 pakkie droë vrugte (250g)
1 blik kondensmelk
1 klein teel droë mosterd
6 – 8 piesangs
½ koppie bruin asyn
2 eetlepels olie

Metode
Kook droë vrugte tot amper sag. Sny in blokkies. Maak ‘n slaaisous van die res van die bestanddele. Meng met vrugte en piesangs.

Saturday, November 26, 2011

Melktert met Skop

Bestanddele
½ Bottel Vodka
1 Blikkie kondensmelk
kaneel

Metode
Meng die vodka en kondensmelk goed. Skink dit in shooter glasies. Sprinkel bietjie kaneel oor. CHEERS! Geniet dit.

Wildsfilet

Bestanddele en Metode Fillet
Neem heel filet van ‘n groter boksoort. Steek gate in met ‘n mes. Strooi sout en peper. Sorg dat die sout in die gate ingaan.

Bestanddele Braaisous
1 Koppie olie
6 Fyngedrukte knoffelhuisies
Braai knoffel in olie tot gaar

Bestanddele en Metode Sampioensous
Braai 1 fyngesnyde ui, 2 fyngedrukte knoffelhuisies en 2 koppies fyngesnyde sampioene in egte botter .
Sodra dit gaar is voeg by:
2 Teelepels Crown droë pietersielie
2 Koppies room
1 Koppie Melk
1 Koppie semi-soetwyn
1 Blokkie vleisaftreksel
Proe en voeg sout by na smaak. 2 tot 3 Teelepels vlapoeier om sous te verdik. Maak die sous sodra die vleis gaar is en bedien warm. Rol die filet in die braaisous en braai oor die kole op ‘n rooster. Draai gereeld om en verf die filet met die geoliede knoffel. Sodra die filet gaar is, vlek dit oop en bedien warm met sampioensous.

RYSVLOKKIES KOEKIES

Malinda van Deventer

250gr. Margarine
500ml. Witsuiker
1 Eier
5ml. Vanillageursel
625ml. Koekmeel
10ml. Bakpoeier
7ml. Koeksoda
2ml. Sout
500ml. Hawermout
500ml. Klapper
500ml. Rysvlokkies (rice krispies)
Glanskersies, groen, geel en rooi

Room die margarine en suiker.
Voeg die eiers en vanillageursel by en klits baie goed.
Sif die meel, bakpoer, koeksoda en sout saam.
Voeg dit by die eiermengsel en meng goed.
Voeg die hawermout by en meng.
Voeg die klapper by en meng weer.
Voeg die rysvlokkies laaste by en roer dit liggies in die deeg sodat die vlokkies nie pap word nie.
Rol balletjies en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en druk dit effens plat met ‘n vurk.
Sny kersies in stukkies, na denke en plaas ‘n stukkie op elke koekie.
Bak die koekies 15-20 min. in ‘n matige oond by 180°C.
Die koekies moet stadig bak.
Laat dit effens op die bakplaat afkoel en plaas dit dan op ‘n draadrak om heeltemal kout te word.

Friday, November 25, 2011

CHAKALAKA

Ingestuur deur Malinda van Deventer

Shirley
5 Green peppers, stukkies gesny, nie te klein
5 Red peppers, stukkies gesny, nie te klein
3 Geel peppers, stukkies gesny, nie te klein
4 groot Uie, gekap
10 -12 Tamaties, vel af en gekap
1 bottel Sweet chillie sauce
1 bottel Hot chillie sauce of as jy dit erg wil laat brand, gooi sommer 2 bottels in

Gooi alles in kastrol en kook oor matige hitte.
Roer gereeld.
Laat oornag staan en bottel

PEANUTSTAAFIES

Malinda van Deventer

500gr. Strooisuiker
300gr. Gouestroop
500gr. Sout Grondbone
25gr. Margarine
7,5ml. Vanilla
5ml. Bakpoeier
Sout

Meng die strooisuiker, stroop en sout.. Mikrogolf vir 11 min. Roer peanuts in en mikrogolf vir nog 2 min. Haal uit en roer margarine en vanilla in. Roer bakpoeier laaste in en meng goed. Gooi vinnig uit in pan en laat hard word. Sny in blokkies.

YSKASLEKKERS

Malinda van Deventer

2 pakke Versiersuiker
2 pakke Mariebeskuitjies
2 eetl. Kakao
500gr. Margarine
1 teel. Vanilla
3 Eiers

Maak beskuitjies fyn. Smelt margarine en gooi by beskuitjies. Meng goed. Gooi versiersuiker en kakao by. Klits eiers goed en gooi vanilla by. Meng alles goed en gooi uit in langwerpige of vierkantige bak en sit in yskas. Sodra dit geset het, sny in blokkies

Thursday, November 24, 2011

NEUT EN SAAD STAAFIE – GESOND EN LEKKER

Malinda van Deventer

500ml. Bakers Betta Snack, (die original een) fyngedruk
500ml. Rice Krispies
90ml. Heuning
65ml. Grondboontjiebotter, crunchy
125gr. Botter
125ml. Bruin suiker
125ml. Grondboontjies, gekap
65ml. Sonneblomsaad
60ml. Sesame saad
Meng die beskuitjies en rice krispies in ‘n groot bak en sit eenkant. Plaas heuning, grondboontjiebotter, botter en suiker in ‚n pan en verhit stadig totdat die suikr gesmelt is. Kook vir 5 minute. Voeg d ie neute en saad by en verwyder van die hitte. Voeg die saadmengsel by die koekiemengsel en meng goed. Druk versigtig in ‚n gesmeerde pan en plaas in die yskas. Sny in stukke en bêre in ‚n ligdigte houer.

MUESLI

Malinda van Deventer

Bran – ½ van klein pakkie (3 koppies)
Oats – dieselfde hoeveelheid (3 koppies)
8 weetbix – gebreek (nie te fyn)
sonneblomsaad – klein pakkie
goue stroop
kookolie

Deel die mengsel in twee of drie dele om te braai. Gooi in oondpan. Strooi stroop en bietjie olie oor. Braai tot bruin. Roer af en toe. Laat heeltemal koud word

Casshew nuts, plain 100g (maak fyn, nie te fyn)
Hazel nuts, plain 100g (maak fyn, nie te fyn)
Brazil nuts, plain 100g (maak fyn, nie te fyn)
Gevlokte amandels
Klein pakkie klapper
Houer lemoenskilstukkies
250g koekmengsel
150g rosyne (pitloos)
1 pakkie dadels (hard en in stukkies gesny)
Meng alles saam met die Bran-mengsel. Dien op met yogurt.

ANDERSTE AARTAPPELSLAAI

Malinda van Deventer

6 GROOT Aartappels, gaar, met skil, sonder sout en laat koud word
1 Middelslag Ui, fyn
2 huisies Knoffel, 1 heel en 1 fyngedruk
1 kop. Sterk chedder kaas
1 teel. Karwysaad

Vee slaaibak uit met heel knoffel. Sny skildieaartappels en sny in skywe. Pak ‘n laag aartappels, gooi sout en peper oor. Pak laag uie, knoffel, kaas en karwysaad. Herhaal weer.

SLAAISOUS:
½ kop. Asyn
½ kop. Olie

Gooi oor slaai en bêre oornag, nie in yskas nie. Draai bak gereeld om sodat slaaisous goed kan meng met die aartappels.

Wednesday, November 23, 2011

APPELSLAAI

Malinda van Deventer

Rooi appels, ontpit en in blokkies gesny.
Groot ui, fyngesny.
Sterk Cheddar kaas, gerasper
Mayonaise
Peper

Meng alles goed saam.

SJOKOLADEKOEK MET FUDGEBOLAAG - (BAKLEI KOEK)

Malinda van Deventer
Kyk as jy die koek eers eenkeer gemaak het, sal jy nie ophou nie, want dit is so maklik om te maak

KOOK 1
½ kop. Kakao
Voeg 1 by 2 en klits goed deur
½ kop. Margarine
Gooi in gesmeerde oondpan.
1½ kop. Olie
Bak 20 min. of tot gaar by 180ºC.
1 kop. Water

KLITS 2
2kop. Suiker
2 Eiers
½ kop.Karringmelk
1 teel. Vanilla essens

VOEG BY 2
2 kop. Koekmeel
1 teel. Koeksoda
Sout

KOOK INTUSSEN
2 eetl. Kakao
2 eetl. Karringmelk
½ kop. Margarine
1½ kop. Versiersuiker
1 teel. Vanilla essens
Gooi warm sous oor warm koek sodra koek uit die oond kom.

LEMOENSOUS

Malinda van Deventer

Smelt 2 eetl. Margarine.
Voeg 2 eetl. koekmeel by en roer.
Meng ½ kop. Lemoensap, ¼ kop. Suiker, ½ teel. Sout en 1 eetl. Lemoenskil.
Voeg by warm mengsel. Roer tot dik en gooi oor gaar babawortels.

Tuesday, November 22, 2011

SAMPIOENSOUS

Malinda van Deventer

2 pakke Vars Sampioene, stukke gesny
5-8 huisies Knoffel, fyn gekap
3 groot Uie, gekap
1 bottel Room
1 pakkie Bruin uie soppoeier
2 eeetl.Mielieblom (Maizena)

Braai die uie in ‘n diep pan. Voeg gekerfde sampioene en knoffel by en braai verder.
Kook vir 3 min. en voeg dan die room, uiesop en mazina by.
Kook vir ‘n verdere 1 minute. Bedien op steak of roosterbrood.

KOEKSTRUIF (TRIFLE)

Baie dankie vir jou resep Marietjie van PE. EK soek al lankal na so resep.

Maak koekstruif aan die vorige aand – die geure trou dan lekker!

1 rolkoek (swissroll)
1 blik karamel kondsmelk
410gr ingemaakte gemengde vrugte (hou stroop eenkant)
marachino kersies (of boksie kersies)
(die marachino kersies het heerlike smaak)
pekanneute
Fig preserves (opp)
1liter dik vlasous
1 pakkie portwyn jellie
1 pakkie groen jellie (jellies moet gestol wees – maak aan vorige dag)
Sjerrie

Aanmaak van vla – 6desertlepels (hoogvol) vlapoeier = 60ml
1 liter melk
30ml suiker
vanillageursel
Verhit melk (hou bietjie koue melk in mengbakkie en voeg daarby die volgende:
vlapoeier, suiker en geursel – hoeveelheid soos hierbo)
Wanneer melk goed warm is (pasop vir aanbrand) gooi bietjie warm melk by
vlapoeier mengsel – gooi mengsel terug by warm melk en laat stadig gaar word)

Sny rolkoek in skywe en smeer karamel kondsmelk dik aan een kant.
As daar karamel oor is, plaas klontjies in koekstruif. (Lekker!)
Pak rolkoekskywe in mooi glasbak - eers langs kante en pak dan alles in lae.
Sprinkel sjerrie bo-oor elke laag en bietjie van die vrugtestroop.
Eindig met vlalaag en versier met styf geklitste vars room(opp), kersies en neute.
Bêre in yskas.
Geniet!

Outydse Karringmelk Beskuit (Retha Liebenberg)

Bestanddele
1.5 kg Bruismeel
500 ml Suiker
500 ml Karringmelk
10 ml Sout
500 g Botter
3 Eiers Geklits

Metode
Meng die droë bestanddele en voeg die suiker by. Smelt margarine en voeg karringmelk by. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng. Voeg die droë bestanddele en meng tot sagte deeg. Maak balletjies, sit in panne en bak vir n uur lank in n matige oond (180).

Wenk
Die beskuit kan 'n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.

Monday, November 21, 2011

KAMMA KREEF

Malinda van Deventer

1.5kg. Kingklip vis
1 Ui, fyn gekap
3/4 kop. Tamatiesous
1 kop. Mayonaise
1 teel. Worctersous
Tabascosous, paar druppels
Sout en Peper
Advokadopeer skywe, opsioneel

Kook vis stadig in 1 liter water, 25ml. Asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap nie. Plaas vis in yskas om stewig te word.
Trek vel af en vlok vis. Voeg res van die bestanddele by, behalwe advokadopeer. Meng goed en verkoel. Sit voor op advokadopeer wat in suurlemoensap gedoop is, blaarslaai of toebroodjies.

OUMA DINIE SE HERDERSPASTEI – baie lekker

Malinda van Deventer

1 Ui, fyngekap
500gr. Maalvleis
1 Tamatie, ontvel en fyngekap
10ml. Worcestersous
1 groot Eier, geklits
1 sny Brood, korsies verwyder en gekrummel
30ml. Tamatiepasta
50ml. Suurroom
60ml. Maaskaas
50ml. Gerasperde Cheddarkaas
4 Aatappels, geskil en in stukke gesny
Paprika
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Olie

Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur.
As die aartappels te dik is, gooi margarien by. Skep lae van die maalvleis en aartappels in die voorbereide oondbak en eiendig met aartappels. Strooi kaas en paprika oor en bak vir 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

ITALIAANSE NAGEREG

Nog n resep ingestuur der Malinda
Florence

2 pakkies Vingerkoekies
1 pakkie Sjokolade kitspoeding
1 pakkie Karamel kitspoeding
1 pakkie Vanilla kitspoeding
Sjerrie
Room
Flake

Maak kitspoedings aan soos op pakkie.
Moenie laat koud word nie.
Pak laag vingerkoekies.
Sprinkel genoeg sjerrie oor.
Smeer sjokolade kitspoeding oor.
Weer koekies, sjerrie en dan karamel kitspoeding.
Weer koekies, sjerrie en dan vanilla kitspoeding.
Laat koud word.
Net voor opdiening, klits room styf en sit oor poeding en strooi die flake oor.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.

Sunday, November 20, 2011

Korslose tunatert

Bestanddele
3 Dik snye witbrood (korsies afgesny)
30 ml Botter
300 ml Warm melk
6 Eiers geklits
3 Blikkies tuna
1 Ui (fyngekap)
½ Rooi soetrissie
10 ml Pietersielie
Sout en peper na smaak
180 ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n tertbord deeglik met botter. Meng die brood, botter en melk deeglik. Voeg die geklitse eiers, tuna, ui, soetrissie en pietersielie by en geur met sout en peper. Giet die mengels in die tertbord en sprinkel die kaas bo-oor. Bak ongeveer 30 minute tot gaar en goudbruin.

LEKKERSTE LEKKER SPINASIE TERT

Nog n resep ingestuur deur Malinda van Deventer
Nelie van den Heever

1 Bondel spinasie, as die bondel te klein is, vat 2 bondels
1 blaardeeg, uitgerol
1 pakkie Bruin uie soppoeier
1 houer Suurroom (250ml.)
1 Ui, gekap
1 blikkie Tuna, as dit fyn is, gebruik 2 blikkies
1 houer Maaskaas, gewone en chuncky
2 Eiers, geklits
1 kop.Gerasperde kaas
10ml.Olie
Sout en Peper

Kook spinasie in klein bietjie water en maak in stukke.
Braai die ui in olie en as dit deurskynend is, voeg tuna, water afgegooi en spinasie by.
Meng die suurroom en soppoeier en laat staan vir 10 min.
Meng na 10 min. die maaskaas by die suurroommengsel.
Meng res van die bestanddele saam en twee derdes van die kaas.
Vou die geklitste eiers laaste by.
Sit deeg in tertbak en bak vir so 5 min. sodat deeg nie te rou is nie.
Gooi spinasiemengsel dan oor die deeg en strooi res van kaas oor en bak verder vir 35 - 40 min. by 180°C

NUTTY CRUST TERT

Nog n resep van Malinda van Deventer
Tannie Lida

1 pakkie nutty crust
1 blikkie gekookte kondensmelk
blik room (spuit)

klits die kondensmelk met ‘n lepel (nie te veel). Smeer elke koekie dik met kondensmelk & pak lae in ‘n bak met room tussen in.
Laat staan vir ten minste 24 uur in die yskas, hoe langer dit staan hoe lekkerder. Voor jy dit eet smeer of spuit weer ‘n laag room bo-op.

Saturday, November 19, 2011

BLACK VELVET HOENDER – baie ryk

Malinda van Deventer

8-10 Hoenderstukkie
1 Greenpepper, stukkies gesny
2 pakke Sampioene, stukke gesny
1 kop.Sjampanje (sparkling wine)
15ml. Soja sous
1 pak Room mushroom sop, aangemaak met ½ kop. water
2 Uie, skyse
1 kop. Milk stout bier
250ml. Room
Olie
Swart peper

Verhit die olie en braai uie en greenpepper tot sag.
Voeg die hoender by en braai tot ligbruin.
Voeg nou die bier en sjampanje by en prut vir verdere 30 minute.
Voeg nou die room, sojasous en swartpeper oor.
Prut vir nog 15 min. op lae hitte.
Voeg die sampioene by en prut vir 5 min.
So 5 min. voor opdiening, maak die sopmengsel aan en voeg by die res van die hoendermengsel en prut vir 5 min.
Dien op met rys en mengelslaai.

FUDGE

Dankie vir die resep Malinda van Deventer
Coreen van Rooyen

100g botter,
500g versier suiker,
1 blik kondensmelk,
5ml vanielje essens.

Smelt die kondensmelk en botter in die mikro golf oond.
Vvoeg nou die versier suiker by.
Kklits met elektriese klitser
Sit terug in micro vir 4min.
Haal uit en klits weer sit terug in micro vir 5min., maar jy moet hom dop hou dat hy nie oor kook.
Haal uit en voeg vanileje by en klits.
Ggooi dadelik in goedgesmeerde bak.
Wag tot amper koud en sny in blokkies..

MILO MALVANAGEREG

Malinda van Deventer. Baie dankie vir die bydrae
Finesse – Junie 2011 – baie lekker

250ml. Suiker
20ml. Sagte botter
1 Eier
275ml. Koekmeel
100ml. Milo poeier
5ml. Koeksoda
250ml. Melk
10ml. Asyn
10ml. Vanieljegeursel
Knippie sout

SOUS:
100gr. Milo sjokolade
125ml. Room
160ml. Melk
30ml. Margarine
80ml. Milo poeier

Verhit die oond tot 180°C. en smeer ‘n bak met kossproei.
Klits die suiker en margarine saam. Voeg die eier by en klits goed.
Meng die meel, milo poeier, sout en koeksoda saam. Meng die melk, asyn en vanieljegeursel saam. Voeg die meelmengsel en melkmengsel om die beurt by die sukermengsel en meng. Gooi uit in gesmeerde bak en bak vir 30-40 min of tot ferm en as die toetspen skoon uitkom is dit gaar.

VOORBEREIDING VIR SOUS:
Smelt die sjokolade, room, melk en margarine saam op baie lae hitte en roer aanhoudend tot dit glad en blink is. Verwyder van diehitte. Voeg die milo poeier by en meng goed sodat al die korreltjies opgelos word. Sodra die nagereg uit die oond kom, druk oral gate met mes en gooi warm sous oor warm nagereg. Maak kante van nagereg ook los sodat sous daar kan ingaan.
Bedien met room of roomys en selfs met vla.

Friday, November 18, 2011

VIS- ASPERSIE- SOUTVLEISTERT

Nog n wenner van lesijha

Bestaddele
1½ k meel
1 eier
2 t bakpoeier
¾ k margarine (125 g)
1 eetlepel asyn

Metode
Vryf margarine met vingerpunte in droë bestanddele
Meng met geklitsde eier en asyn
Druk in tertbord (2 klein of 1 groot)

Vulsel:
1 blik pilchards (groot) in tamatiesous
1½ k sap van vis en melk tesame
1 opgehoopte eetlepel maizena (in melk opgelos)
1 - 2 eiers geskei
2 eetlepels margarine
sout & peper
1½ k gerasperde kaas

Metode
Smelt margarine. Voeg melk/maizena mengsel by en kook tot dik. Haal van stoof af en roer in fyn gedrukte vis en geklitsde eiergeel. Vou styfgeklopte eierwitte in en giet in kors. Bedek met kaas en bak by 180°C tot gestol

Wenk
Pilchards kan vervang word met enige van onderstaandes:
1 blik aspersiestukke (gebruik sap om 1½ k melk vol te maak)
1 blik soutvleis
Haddock sag gekook (gevlok) + 1 t mosterd + 1 t suiker

GESONDHEISBESKUIT

Nog n heerlike resep van Lesija

Bestanddele
1 pakkie semels (350 g)
2 k bruin suiker (500 ml)
2 t sout
1 kg bruismeel
500 g margarine
1 liter room
2 k sonneblomsaad (laat 1 k weg indien rosyne begevoeg word)
(1 k rosyne/sultanas opsioneel)

Metode
Meng al die droë bestandele Vryf margarine in en meng dan met die room Knie goed deur Druk styf in twee plat klein koekiepanne van ongeveer 28cm x 40cm Sny dit klaar in die verlangde grote en bak by 180°C vir 35 - 40 min tot gaar en bruin bo-op Laat afkoel en droog uit

SPINASIE-EN-SPEKTERT

Dankie vir jou resep Lesijha
Bestanddele

400 g klaarbereide blaardeeg
250 g spek, gekap
100 g spinasie, gekerf
2 knoffelhuisies, fyngemaak
*100 g bloukaas, gekrummel
*100 ml crème fraiche
1 eier, liggies geklop
sout en vars gemaalde swartpeper
* 50 g parmesaankaas, gerasper
*(ek gebruik sommer net chedder- en goudakaas, anders is dit te reik vir ons)

Metode
Sit deeg op 'n gesmeerde bakplaat. Verhit 'n groot braaipan en braai die spek liggies in sy eie vet, voeg die spenasie en knoffel by en soteer tot die spinasie slap raak. Meng al die kase en eier, geur na smaak, voeg by die spekmengsel en verspei dan die vulsel oor die deeg. Sprinkel parmesaan (of gewone kaas) oor en bak 20 tot 25 min by 180°C tot gaar is en deeg pofferif en goudbruin om die rand is. Variasie: Vervang die spek deur jou gunsteling groente vir 'n smaaklike vegetariese gereg

Wednesday, November 16, 2011

ROEBABBIER

Malinda van Deventer

Maak seker dis die eetbare roebab en nie die giftige een nie
17 groot roebarbstingels, nie afgeskil nie, net in blokkies gesny en goed afgespoel
5 liter Kookwater
2 botteljies Lemon Essens
1 pakkie Wynsteensuur (Tartaric)
2,5 kg Suiker

Meng alles goed saam. Wanneer jou vingers nie meer brand nie, voeg die volgende by:(Dis nou as jy jou vingers in die goed mengsel kan druk!)
1 pakkie kits gis (10g)
10 liter kraanwater
Roer en laat vir 24 uur buite staan. Gooi deur doek en gooi uit in bottels wat goed kan seël sodat dit nog kan gis. Sit in yskas. Moenie skud voor opdiening nie. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder!

PYNAPPELBIER

Malinda van Deventer

1 Pynappels, gerasper met skil en al
2 kop. Suiker
1 teel. Gemmer
2 liter Water

Meng alles en laat staan vir 24 uur buite die yskas.
Sit deur net en laat staan vir nog 2 ure voordat jy dit drink.
Bottel dit en sit in yskas.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder

COLA TONIC BOLA- baie lekker

Weereens dankie Malinda van Devener

1 Suurlemoene, dun skywe gesny
2 groot Piesangs, skywe gesny
1 Pynappel, geskil en gerasper
1½ bot. Cola Tonic
2 liter Lemonade of Sprite

Voeg suurlemoene, piesangs, pynappel en cola tonic saam en meng.
Laat vir 3 ure staan. Sit in yskas.
Net voor opdiening, voeg die lemonade by.

KOFFIE LIQUIRE

Baie Dankie Malinda van Deventer

1 blik Kondensmelk
1 blik Idealmelk
1 teel. Glisereen
1 teel. Vanilla
4 eetl. Koffie
5-6 tots Whisky

Meng alles goed saam. Ongeveer 750ml.
Sit in yskas.

Monday, November 14, 2011

AMARULA LIQUIRE

Malinda van Deventer. My mond water

3 x 250ml. Room
1½ blik Kondensmelk
1½ kop. Brandewyn (oudemeester)
2½ teel. Koffiepoeier, nie korrels, mer kan bygevoeg word

Gooi alles saam en klits goed.
Gooi uit in bottels en sit in yskas.

ROOMYS POEDING

Malinda van Deventer. Baie dankie vir die rsep Melinda. Op so warm somersdag sal hierdie n treffer wees.

2 pakke Romery Creams
1 blik Karamelkondensmelk
4 liter Vanilla volroom roomys, laat sag word, nie waterig nie
1 bottel Room
3 Flakes

Druk die romery creams fyn en sit egalig onder in plastiek bak.
Smeer dan ‘n laag sagte roomys op.
Verdun die kondensmelk met die room.
Sit dan ‘n laag kondensmelkmengsel oor die roomys.
Sit weer laag roomys bo-op dan ‘n laag kondensmelkmengsel.
Dan die finale roomys laag.
Strooi dan die flake oor vir versiering.
Sit in vrieskas om styf te word.

SJOKOLADE MOUSSE

Malinda van Deventer. Baie dankie vir jou resepte, ek waardeer dit baie.

2 pakke kits Sjokolade poedings
1 pak kits Karamel poeding
1 blik Karamel Kondensmelk
1 bottel Room
4½ kop. Melk
1 teel. Gelatien
Bietjie lou water

Klits room styf.
Maak kits poedings aan met melk (al twee geure saam).
Klits ongeveer 1 minuut.
Los die gelatien in lou water op en roer by karamel kondensmelk. Voeg kondensmelk by poedings. Vou nou die styfgeklitste room in. Laat stol en bedien.

Sunday, November 13, 2011

Grenadella-Kaaskoek

Baie dankie vir jou resep Okkie, ek waardeer dit baie

Bestanddele
200 g ricotta
500 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
200 g strooisuiker
15ml suurlemoensap
100ml grenadellamoes

Metode

Voororverhit oond op 160 grade C

Spuit 'n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei. Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in 'n voetselverwerker en pols tot die mengsel glad is. Oppas dat jy dit nie te veel meng nie. Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in 'n voorverhitte oond vir sowat 35 - 40 minute, of tot dit gestol het. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel

Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel in die yskas tot etenstyd

Korslose Tunatert (in die mikrogolfoond met 'n draaitafel)

Baie dankie vir jou resep Elzaan

Bestandele:
150g Simba skyfies, fyngemaak (of 150g broodkrummels)
2 Eiers
100ml Melk
3 Opgehoopte lepes Mayonaise
2 Blikkies Tuna, gedrieneer (flakes of chunks)
1/2 Koppie gerasperde kaas
Kruie na smaak

Gooi al die bestandele, behalwe die kaas, bymekaar en meng deeglik.
Berei mikrogolfvaste bak voor, en gooi tuna mengsel daarin.
Bak vir 7 minute teen 70% krag.
Strooi kaas bo-oor en bak vir 3 minute teen 100% krag.

Sit voor met rys en/of slaai.

Friday, November 11, 2011

Pampoentert

Bestanddele
6 Koppies gerasperde pampoen (butternut of boerpampoen)
1 Koppie suiker
3 Eiers
3 Eetlepels margarien
2 Eetlepels Koekmeelblom
5 ml Vanielje
10 ml Bakpoeier (gooi laaste in)


Metode
Stel oond op 180ºC. Meng als saam behalwe die bakpoeier. Giet in gesmeerde vierkantige bak en bak vir ongeveer 40 min of tot styf, bruin en gestol.

Broccoli en blomkool slaai

Bestanddele
1 kg Broccoli
1 kg Blomkool
Spek
Cheddarkaas
Fetakaas

Metode
Die broccoli en blomkool moet nog ferm wees as dit klaar gekook is. Sny die spek en kase in blokkies en braai dit saam. Gooi maaskaas en gewone yogurt of mayonnaise oor die slaai.

Aartappelgereg

Bestanddele
6 Aartappels, geskil en gekook
1 Ui
3 Eetleppels botter
½ Koppie melk
1 Pakkie bruinuiesoppoeier
¾ koppie gerasperde kaas

Metode
Sny aartappels in dun skyfies en pak in gesmeerde bak. Sny ui in skyfies en pak in bak met aartappels. Meng goed. Smelt botter en roer soppoeier by. Voeg melk by. Giet oor aartappels. Strooi kaas bo-oor en bak vir 20 min by 180ºC.

Thursday, November 10, 2011

All-Bran-beskuit

Bestanddele
500 g botter of margarien
600 g suiker (3 koppies)
500 ml karringmelk (2 koppies)
3 ekstra groot eiers
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier (1 eetlepel)
5 ml sout (1 teelepel)
250 g All-Bran-vlokkies (6 koppies)
100 g hawermout (1¼ koppie)
75 g pitlose rosyne (½ koppie)

Metode
Smelt die botter of margarien. Klits die suiker, karringmelk en eiers saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die All-Bran, hawermout en rosyne by die meelmengsel en meng. Voeg die botter of margarien by en daarna die karringmelkmengsel. Roer goed totdat alle klonte verdwyn. Smeer drie broodpanne, elk met ‘n volume van 1,5 ℓ (6 koppies). Skep die deeg daarin en maak dit gelyk. Bak dit ongeveer 45 minute lank by 180°C tot goudbruin en gaar.

Coke hoender op Weberbraai

Bestanddele
1 Blikkie Coke (of na smaak ander koeldrank)
1 Heel hoender
1 Pakkie hoender marinade (na smaak)

Metode
Prik hoender aan buitekant met vurk en laat lê in marinade vir ongeveer 1 uur. Berei kole voor in Weberbraai, maar hoender moet nie bokant direkte kole geplaas word nie. Neem blikkie koeldrank en gooi ongeveer ¼ van die koeldrank uit. Neem blikkie en stop dit agter in die hoender se #@$. Laat die hoender met die blikkie op die rooster staan (nie bokant direkte kole nie) en gebruik sosatiestokkies om hoender te help stut as hy dalk wil omval. Maak deksel van Weberbraai toe en braai tot heerlik goudbruin. Die koeldrank stoom die hoender van binne af gaar en die witvleis is dan heerlik sag en sappig.

Sjokolade “clusters”

Bestanddele
125g margarien
500ml suiker
125ml kakao
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2,5ml vaniielje

Metode
Meng die 1ste vier bestanddele & kook vir 5 minute. Meng die res van die bestanddele goed in. Skep lepelsvol op bakplaat & laat afkoel.

Wednesday, November 9, 2011

Yskaskoekies

Bestanddele Onderste Laag
175g botter
750ml (3k) versiersuiker
1 eier, geklits
2,5ml (½t) vanielje
200g (1 pakkie) Mariebeskuitjies fyn gedruk
Knypie sout
250ml (1k) pofrys (Rice Crispies)

Bestanddele Boonste Laag
200g donkersjokolade, gekap
100g (1 pakkie) pekanneute, gekap
Metode

Metode Onderste Laag
Smelt botter en roer versiersuiker by. Verwyder van hitte. Roer eier, vanielje en sout by. Sit weer op stoofplaat en roer vir 2 min op warm plaat. Verwyder van hitte. Roer koekies en pofrys by. Druk mengsel in klein, gesmeerde oondbak vas en sit in yskas.

Metode Boonste Laag
Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70 ٪ krag en roer tot glad. Smeer sjokolade oor gestolde koekielaag en sprinkel neute bo-oor. Laat sjokolade stol en sny koekies in blokkies met dun skerppuntmes. Sit in yskas.

Spesery-Yskaskoekies

Bestanddele
½ pak (250g) botter
3 eetlepels (45ml) kakao
3 teelepels (15ml) koffiepoeier
1 blik (397g) kondensmelk
½ teelepel (2,5ml) vanielje
1 pak (500g) versiersuiker
1 koppie (250ml) volroommelkpoeier
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
½ teelepel (2,5ml) gemengde speserye
knypie sout
1 pakkie (100g) pekanneute, gekap (opsioneel)
3 eiers, geklits
1 koppie (250ml) klapper
½ koppie (125ml) sultanas
1 pakkie (200g) Marie- beskuitjies, gebreek
2 koppies (500ml) Rice Krispies

Metode
Smelt botter in groot genoeg kastrol. Roer kakao, koffiepoeier, kondensmelk en vanielje by tot koffiekorrels goed opgelos het. Sif versiersuiker, melkpoeier, kaneel, speserye en sout saam en meng goed met bottermengsel. Verwyder kastrol van hitte. Klits eiers en roer vinnig by mengsel sodat eiers nie skif nie. Roer neute, klapper, sultanas, Rice Krispies en koekies by. Druk in ‘n groot gesmeerde tertbak of oondpan vas. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies of vingers. Lewer ongeveer 50 blokkies

Sjokoladeneutlekkers

Bestanddele
400g suiker
30g kakao
½ koppie (125ml) melk
125g botter in blokkies gesny
300g hawermout (Jungle Oats)
120g klapper
100g okkerneute

Metode
Plaas die suiker, kakao, melk en botter in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot die botter gesmelt het en die suiker heeltemal opgelos is. Laat kook en prut dan vir 1 minuut. Voeg die hawermout, klapper en okkerneute by die mengsel in die kastrol en roer deeglik. Skep lepels vol daarvan op ‘n bakplaat- werk vinnig voor die mengsel stol. Laat stol en bêre in ‘n lugdigte houer. Lewer ongeveer 30 stukke

Tuesday, November 8, 2011

Sjokoladekoekies

Bestanddele
2 pakkies Marie beskuitjies
½ koppie (125ml) botter
1 koppie (250ml) suiker
2 eetlepel (30ml) kakao, gesif
1 eier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode
Smelt botter, suiker en kakao saam. Klits eier en vanielje saam, gooi by bottermengsel.
Terwyl alles smelt breek 1 ½ pakkie Marie beskuitjies daarin en roer deeglik. Druk in gesmeerde pan en krummel oorblywende Marie beskuitjies bo- oor. Laat afkoel in yskas en sny in blokkies.

Mikrogolf Fudge

Bestanddeke
1 blik kondensmelk
500 ml strooisuiker
125g margarien/botter
5ml vanieljegeursel geursel

Metode
Voeg kondensmelk, stooisuiker en margarien/botter saam in ‘n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog – mengsel borrel hoog gedurende kook proses!). Kook op “high” vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op “high”. Haar uit; voeg 5ml vanieljegeursel by. Roer goed. Gooi in gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet.

Wenk
Opsioneel jy kan ook neute/rosyntjies/rice krispies/gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor.

Lekker fudge in mikrogolf

Bestanddele
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel

Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje. Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed. Kook vir 6 minute. Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by. Kook vir nog 20 minute. Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.

Monday, November 7, 2011

Beskuitjie fudge

Bestanddele
1 x 200g marie beskuitjies/tennis beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g margarien
1 eier

Sif saam:
75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol amandels
1 dop kahlua

Metode
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eier baie vinnig by.
Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol ‘n rukkie in yskas. Rol in rolletjies waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie.
Hou in yskas.

Maklike Fudge

Bestanddele
397g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1 125ml (4½k) suiker
60ml (4e) botter
5ml (1t) vanielje
Knypie sout

Metode
Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit tot kookpunt. Roer tot suiker opgelos is. Kook nog 20min oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe.
Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of elektriese klitser tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik raak is dit reg. Skep fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol. Sny in blokkies.

Klein Vrugtekoekies

Bestanddele
375g botter
1 ½ koppie (375ml) water
1 ½ koppie (375ml) strooisuiker
1 ½ koppie (375ml) pitlose rosyntjies
1 ½ koppie (375ml) gebleikte sultanas
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ pakkie (50g) pekanneute, gekap (opsioneel)
2 eetlepels (30ml) sitrusskil, gekap
½ koppie (125ml) rooi glanskersies, gekap
3 eiers
3 koppies (750ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
knypie fyn gemmer
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode
Meng botter, water en strooisuiker. Voeg rosyntjies, sultanas, dadels, skil en kersies by bottermengsel en kook oor lae hitte vir 20 minute op stoof. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel. Stel oond op 140 ºC. Klits eiers en roer by vrugtemengsel. Sif meel, kaneel, gemmer en bakpoeier bymekaar en roer by vrugtemengsel. Skep beslag in gesmeerde muffinpanne en bak 25 minute of tot gaar. Lewer ongeveer 24 koekies.

Sunday, November 6, 2011

Klapperys

Bestanddele
280g versiersuiker
1 ml kremetart
1 blik (397g) kondensmelk
270g droë klapper
koekkleursel van jou keuse

Metode
Smeer ‘n vierkantige 20cm bakpan. Sif die versiersuiker en die kremetart saam. Voeg kondensmelk by en meng tot glad. Voeg helfte van die klapper by en roer goed. Meng die res van die klapper in totdat die deeg vaskleef. Verdeel die mengsel in drie en voeg koekkleursel by twee daarvan- kleur een deel helder en die ander een ligter. Druk die dele soos kleure verlang in die pan. Hou een uur in die yskas en sny in blokkies.

Klapperkoekie met Vulsel

Bestanddele Koekies
200g botter
125ml (½k) strooisuiker
1 eier, geklits
5ml (1t) vanielje
500ml (2k) koekmeel
7,5ml (1½t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (½k) klapper

Bestanddele Vulsel
60ml (4e) botter
187ml (¾k) versiersuiker, gesif
2,5ml (½t) vanielje
10ml (2t) melk
Stel oond op 180ºC

Metode Koekies
Room botter en suiker tot liggeel en romerig. Klits eier en vanielje by tot goed gemeng. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer klapper by. Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed. Rol deeg in balletjies en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk bokant van koekies effens plat. Bak 12 tot 15 min of tot goudbruin.

Metode Vulsel
Room botter en versiersuiker tot liggeel en donserig. Voeg vanielje en melk by soos benodig. Smeer vulsel op koekie en plak nog ‘n koekie bo-op. Hou koekies in lugdigte blik.

Gou-Gou Koekies

Bestanddele Koekies
500g botter, sag
500ml (2k) versiersuiker, gesif
1 250ml (5k) koekmeel
10ml (2t) bakpoeier
60ml (4e) rooi glanskersies, gehalveer
Knypie sout
60ml (4e) groen glanskersies gehalveer
100g (1 pakkie) gevlokte amandels

Bestanddele Versiering
200g (2 plakke) sjokolade, gesmelt.

Metode Koekies
Stel oond op 180ºC. Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm. Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur. Sny gevriesde deeg in 1cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Bak 15min of tot goudbruin bo-op. Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.

Metode Versiering
Doop helfte van koekie in gesmelte sjokolade. Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

Saturday, November 5, 2011

Korslose Sout Tert (Ouma Ies Lombard)

Bestanddele
450 g Cheddar Kaas
250 g Bacon
Blikkie Weense Worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 e Meelblom
1 e Mosterd
1 e Gedroogde Pietersielie
2 e Gerasperde uie
Sout & Peper

Metode
Rasper kaas en Weense Worsies. Versnipper Bacon. Meng al die ander bestanddele en voeg by kaas mengsel. Verdeel in gesmeerde tertpanne. Bak vir 40 minute teen 180º C.

Wenk
Hierdie tert is ook lekker saam met 'n mengel slaai as ligte middag ete. Gooi die mengsel in kolwyn pannetjies, strooi pietersielie en rooipeper oor, indien verkies. Bak nou teen 180º C vir 10 tot 15 minute. Lewer sowat 5 dosyn.

Gebakte Pienk Sjokoladekoekies

Bestanddele Koekies
2 eiers, geklits
185ml (¾k) strooisuiker
250ml (1k) koekmeel
5ml (1t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (1½k) louwarm melk
30ml (2e) olie
3 druppels rooi voedselkleursel
5ml (1t) rooswater

Bestanddele Sous
45ml (3e) romerige aarbeilikeur 125ml (½k) room

Metode Koekies
Klits eiers en suiker tot liggeel. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer melk en olie saam. Voeg meel- en melkmengsels beurtelings by eiermengsel en roer goed. Roer voedselkleursel en rooswater by. Spuit hartjievorm-koekpannetjies met kossproei en skep driekwart vol met deeg. Bak vir 10 min of tot gaar. Keer uit en plaas op afkoelrakkie.

Metode Sous
Roer likeur en room bymekaar en giet oor warm koekies sodat sous kan intrek.
Sit saam met ‘n vars rosie of wit sjokoladekrulle voor.

Eet-Maar-Nog-Koekies

Bestanddele Onderste Laag
125g botter
250ml (1k) bruinsuiker
397g (1 blik) kondensmelk
Knypie sout
5ml (1t) vanielje
250ml (1k) klapper
250ml (1k) hawermout
250ml (1k) sultanas
125ml (½k) muesli
50g (½ pakkie) pekanneute, gekap
625ml (2½k) pofrys (Rice Krispies)

Bestanddele Boonste Laag
30ml (2e) jogurt by kamertemperatuur
500g (2 plakke) donkersjokolade

Metode Onderste Laag
Smelt botter, suiker en kondensmelk in kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir 6 min terwyl dit geroer word. Verwyder van hitte. Roer sout en vanielje by. Roer goed. Roer oorblywende bestanddele by. Druk in gesmeerde, reghoekige oondbak vas.

Metode Boonste Laag
Smelt sjokolade oor dubbelkoker tot glad of in mikrogolf teen 70 ٪ krag. Roer jogurt by sjokolade en smeer oor koekies. Laat stol en sny in blokkies.

Dadelyskaskoekies

Bestanddele
½ pak (250g) botter
1 pakkie (500g) versiersuiker
1 pakkie (250g) dadels
2 eetlepels (30 ml) kakao
1 koppie (250 ml) klapper
2 eiers
1 teelepel (5 ml) vanielje
knypie sout
1 pakkie (200g) Mariebeskuitjies

Metode
Verhit botter in ‘n groot kastrol tot sag, maar nie gesmelt nie. Roer versiersuiker by sagte botter en gemeng. Voeg dadels, kakao en klapper by en kook oor medium hitte vir 3 minute. Klits eiers, vanielje en sout en voeg by dadelmengsel, laat kook vir nog 2 minute en verwyder van die hitte. Breek koekies fyn en voeg by dadelmengsel, roer goed en skep in groterige gesmeerde bak. Druk bokant gelyk. Laat oornag in yskas en sny in blokkies. Lewer ongeveer 60 blokkies.

Friday, November 4, 2011

Dadelwieletjies

Betsanddele Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Bestanddele Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water
Stel oond op 180 ºC.

Metode Vulsel
Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.

Metode Deeg
Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin. Lewer ongeveer 60 koekies

Dadel-en Sjokolade-Vierkante

Bestanddele
150g botter
¾ koppie (185ml) bruinsuiker
2 eiers
1 teelepel (5ml) vanielje
1 plak (100g ) donker sjokolade
1 pakkie (100g) kasjoeneute, gekap
1 ¾ koppie (437ml) bruismeel
½ pakkie (125g) dadels, gekap
4 eetlepels (60ml) melk

Metode
Stel oond op 180 ºC. Smeer vierkantige oondbak van 20cm. Room botter en bruinsuiker tot botter liggeel is. Klits eiers goed na elke byvoeging. Voeg ook vanielje by. Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolfoond. Voeg gesmelte sjokolade by bottermengsel en klits tot goed gemeng. Roer neute, meel, dadels en melk by tot goed gemeng. Skep deeg in gesmeerde bak en maak gelyk. Bak 30- 35 minute of tot ferm. Laat afkoel en sny in blokkies. Sprinkel gesifte versiersuiker oor

Brosbrood

Bestanddele
500g botter, sag
1 koppie (250ml) strooisuiker
1 teelepel (5ml) karamelgeursel
2 koppies (500ml) koekmeel
2 koppies (500ml) mielieblom
knypie sout
Stel oond op 140 ºC.

Metode
Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig. Klits geursel by. Sif meel, mielieblom en sout saam en roer by bottermengsel. Meng tot sagte deeg. Druk deeg vas in gesmeerde oondpan wat met bakpoeier gevoer is. Prik met vurk gaatjies in deeg.

Bak 30min. Stel oond af na 120 ºC. Bak vir nog 2 uur of tot bokant van koekies ferm en ligbruin is. Sny met dun, skerp mes in vingers terwyl dit nog warm is. Laat pan afkoel.

Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal koud en pak in lugdigte houer. Lewer ongeveer 30 blokkies

Thursday, November 3, 2011

Aarbei mousse

Dankie vir die watertand resep Okkie

bestanddele
1 80 gram pak aarbei jellie
1 koppie (250ml) kookwater
350ml vars room
250g aarbeie skoongemaak en opgekap

Metode
Los jellie in kookwater op en los eenkant om af te koel
Klits die room tot net dik maar nie styf nie
Voeg die aarbeie by ek klits dan tot styf
Vou die afgekoelde jellie in
Gooi in 6 bedien-glase en sit ‘n uur in yskas om te set

Kan versier met gesnyde aarbeie as jy ekstra het

Skotse brosbroodjies

Bestanddele
1kg botter
1kg koekmeelblom
500g mielieblom
500g versiersuiker

Metode
Voorverhit die oond tot 150°C. Smeer 3 oondpanne. Meng al die bestanddele goed saam, ‘n elektriese klitser werk maklikste. Druk dit 1 cm dik uit in die oondpanne. Prik die deeg oral-oor met ‘n vurk en bak dit vir 40 min. Laat dit effe afkoel, strooi strooisuiker bo-oor en sny die koekies in reghoeke terwyl nog warm.

Spenskoekies

Bestanddele
600g hoë vet margarien
500ml suiker
2 eiers
45ml grondboontjiebotter
5ml vanielje
10ml koeksoda
25ml melk
500ml Post Toasties
500ml hawermout
30ml bakpoeier
Sout
125ml gekapte neute
500ml klapper
500ml koekmeelblom of nutty wheat

Metode
Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate. Room botter en suiker en voeg die eiers by. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. Roer die geursel en koeksoda, opgelos in melk, by. Meng nou al die ander bestanddele en voeg dit by die bottermengsel. Vorm balletjies en bak tot goudbruin.

Tuesday, November 1, 2011

Skurwejantjies

Bestanddele
875ml suiker
400g hoë vet margarien
75ml stroop
5 x 250ml koekmeelblom
5 x 250ml klapper
5 x 250ml hawermout
5ml kaneel
10ml sout
5ml gemmer
5ml fyn neut
3 eiers geklits
20ml koeksoda
60ml melk

Metode
Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate. Room die suiker en smeer en voeg die stroop by. Voeg nou alle droë bestanddele behalwe koeksoda by. Voeg die eiers by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by die mengsel. Maak okkerneutgrootte balletjies en druk dit plat op die bakplaat. Bak tot goudbruin.

Sjokolade koekies

Bestanddele
125ml Margarien
125ml Kakao
750ml Hawermout
5ml Vanielje
500ml Suiker
125ml Melk
250ml Klapper

Metode
Smeer die bakplaat met margarien. Meet die margarien, suiker, kakao en melk af in die kastrol. Skakel die stoofplaat aan op matige hitte. Plaas die kastrol op die plaat en roer die mengsel tot dit kook. Skakel die plaat op lae hitte en laat dit presies 5 minute lank kook. Haal die kastrol van die plaat af en plaas dit op ‘n plankie. Skakel die plaat af. Roer die hawermout, klapper, en vanielje by tot goed gemeng. Skep klein klontjies met 2 teelepels op die bakplaat terwyl die mengsel nog warm is. Laat staan tot dit goed afgekoel en styf is.

Rooibostee-Koeldrank

Bestanddele
3 rooibostee sakkies
750ml kookwater
1stokkie pypkaneel (opsioneel)
150ml suiker
250ml onversoete appelsap, bv. Liqui-fruit

Metode
Laat tee, kookwater en pypkaneel trek totdat die water koud is. Roer suiker en appelsap by koue tee. Verkoel. Verdun die teemengsel net voor opdiening om die helfte met sodawater of koue water. Skink.