Monday, February 4, 2013

RYP TAMATIEKONFYT



2 kg ryp tamataies                                                            
kookwater
7,5 k wit suiker                                                                   
37,5 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke
Steriliseer flesse.

Bedek tamaties met kookwater, laat staan 1 - 2 minute lank, trek skille af en weeg.  Kap tamaties in blokkies.  Pak die tamaties en suiker in lae in swaarboomkastrol, voeg die suurlemoensap by en verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, of laat staan dit oornag.

Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en kook tot die konfyt stolpunt bereik het.  Roer nou en dan sodat die konfyt nie aanbrand nie.  Doen die pieringtoets.  Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseĆ«l die flesse.                                                          

No comments:

Post a Comment