Tuesday, July 9, 2013

Pap en Wors Ontbyt


Pap en Wors Ontbyt (Jan)
Lewer 100 porsies

30 kg Wors
150 Eiers
30 ml Aromat
20 ml Varsgemaalde swartpeper
500 ml Sonneblomolie

Pap:
5 kg Braaipapmeel
Water
2 no. 10 Driebeenpotte
100 ml Sout
2 x 250 g Botter

Sous:
14 Groot uie, fyn gekap
100 g Botter
45 ml Sonneblomolie
250 ml Witasyn
150 ml Bruinsuiker
2 Liter tamatiesous
75 g Aangemaakte Engelse mosterd
2 Opgehoopte eetlepels kerrie
25 ml Sout

Metode:
Pap:
Gooi die no. 10 pot ¾ volwater, voeg die sout by en plaas op die vuur. Bring die water tot kookpunt en roer die meel in. Verminder die kole onde die potte en prut die pap vir 1 uur. Roer nou en dan die pap deur. 

Sous:
Smelt die botter en olie saam in ‘n no.8B platboompot. Voeg die uie by en soteer tot sag. Meng al die ander bestanddele saam in ‘n mengbak en voeg by die gebraaide uie. Prut vir 10 minute oor matige kole. Lewer 60 porsies. Maak die resep 2 keer vir diè ontbyt of gebruik ‘n no. 7 driebeenpot en verdubbel al die bestanddele.

Braai die wors oor matige kole tot net gaar, maar nie droog nie.

Eiers:
Gebruik ‘n 20 liter emmer en breek die eiers daarin. Voeg die aromat, swartpeper en olie by en klits goed deur. Gebruik 2 no. 8B platboompotte en bak die roereier daarin oor matige kole. Moenie oorgaar maak nie, dit moet lekker romerig wees.

No comments:

Post a Comment